Vir die eerste keer in ‘n lang tyd besef ek hoekom ek regtig my oggend boodskap met almal deel. Nie net dat dit ‘n Goddelike opdrag was nie, maar dat daar ‘n veel groter prentjie agter dit is. Kyk net wat sê

2 Kor 4:15 “Ons doen dit alles om julle ontwil, sodat die genade van God steeds meer mense kan bereik. DAN word die dankgebede ook meer, en God ontvang die eer.”

Dit gaan alles oor die eer van God en eer aan God. Hoe meer mense hierdie boodskap lees, hoe meer eer en dankbaarheid SAL die Here verkry.

Ps 91:1-2 “Hy wat by die Allerhoogste skuiling vind en die beskerming van die Almagtige geniet, hy sê vir die Here:’U is my toevlug en my veilige vesting, my God op wie ek vertrou.”

Mooi dag almal!

0 replies

Leave a Reply

Want to join the discussion?
Feel free to contribute!

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *