He’s got your back!

Aan die begin van die nuwe week kry ek NOG ‘n ongelooflike belofte uit God se Woord. Ek dra dan ook hierdie boodskap vanoggend op aan Eduan van der Walt, en elke siek vriend, of wat ‘n siek vriend daar buite het.

Jes 54:10,17 “Berge kan padgee, heuwels kan wankel, maar My liefde vir JOU sal NOOIT verdwyn nie, My VREDEVERBOND met jou sal NOOIT wankel nie, sê die Here, wat JOU LIEFHET. (17) GEEN wapen wat gesmee word om jou aan te val, sal iets uitrig nie…”

So! Dit maak nie saak waar jy vandag in jou gemoed staan nie, GLO eenvoudig net dat die Here, soos die Engelsman sal sê:”He’s got your back”. Daar SAL moeilike tye in ons lewens kom, maar ons moet eenvoudig net nie ophou glo dat God daar is vir ons nie! Geen aanval – geestelik, mondelings of fisies sal ons kan verslaan as ons vashou aan God se Woord nie! Ons dien ‘n GROOT God wat net die beste vir ons wil hê.

Sterkte vir julle week!

0 replies

Leave a Reply

Want to join the discussion?
Feel free to contribute!

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *