NET die beste is vir ons beplan

Ps 90:1,2 “Here, U was vir ons ‘n toevlug van geslag tot geslag. Voordat die berge gebore is, voordat U die wêreld voortgebring het, ja, van ewigheid tot ewigheid is U God.”

Nog so ‘eye opener’ aan die bgin van die naweek. Weereens kom ek tot die besef dat die Here beslis nie teëspoed vir ons in gedagte gehad het met die skepping van die aarde nie. NET die beste is vir ons beplan, maar selfs sy kaarte is deurmekaar gekrap. Hy het egter NOOIT op ons tou opgegee nie, nee, Hy was daar vir ons, is daar vir ons en sal daar vir ons wees van ewigheid tot in ewigheid. Ons moet egter net glo dat elke dag wat ons geskenk is, ons beste dag ooit sal wees. Spreek voorspoed uit oor jouself! Hou vas aan God se belofte soos wat in Matt 9:29 staan “…Wat julle glo, SAL gebeur. En besef ook dat Sy krag ons sal omsingel soos in Ps 89:9 “…U krag is GROOT, Here, U trou is ORAL.” Ek weet nie van jou nie, maar dit maak my vanoggend so klein bietjie kinderlik opgewonde!

Mooi naweek vir julle almal!

0 replies

Leave a Reply

Want to join the discussion?
Feel free to contribute!

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *