Wees vandag positief!

Moed uit God se Woord vir hierdie nuwe week. 

2 Kor 1:21,22 “God SELF het ons saam met julle op hierdie vaste grond gevestig: OP CHRISTUS. God het ONS vir Hom AFGESONDER, ons as Sy EIENDOM beseël en die Heilige Gees in ons harte gegee as WAARBORG van wat ons NOG sal ontvang.”

 2 Kor 4:17 “Ons swaarkry in hierdie lewe is maar GERING en gaan VERBY, maar dit loop vir ons uit op ‘n HEERLIKHEID wat ALLES verreweg oortref en wat EWIG bly.” 

Gee die teksverse nie vir ons genoeg rede om te juig oor ons lewens nie? Ons swaarkry, dit wat ons sien as swaarkry, is tydelik! God het van die begin van ons lewens af ‘n beter, gelukkiger en mees ongelooflike lewe beplan en voorberei! Ons moet net elke dag ons oë en harte oopmaak om dit te ervaar en raak te sien. My wens en versoek vir die week is dat ons sal uitgaan en net die positiewe in die dag sal soek! Die positiewe in mekaar sal vind en op dit bou. 

Sterkte vir julle week!

0 replies

Leave a Reply

Want to join the discussion?
Feel free to contribute!

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *